Krans Konsert + "Urban Sketching" gee...

Krans Konsert + "Urban Sketching" gee...

Wat gebeur wanneer 'n sketsboek en 'n konsert kleedrepetisie kort kennis 'n spesiale kuier reel? Wonderlike sketsboek herinneringe en vyf unieke program voorblaaie... Hier is die storie agter die voorblad stories!

Hallo, ek is Jo-Marie en ek is 'n kunstenaar :) Ek het myself nie altyd só voorgestel nie maar vandag sal jy my min sonder 'n sketsboek raakloop. My liefde vir waterverf en sketsboek illustrasies het ontwikkel vanuit 'n behoefte om die stories in my kop op 'n nuwe manier te ontdek. Daaruit het ek ontdek hoe wonderlik 'n sketsboek help om herinneringe te anker te midde van die warboel van elke dag se dinge.

Wat is "Urban Sketching"? Dit is om spesifiek in die oomblik, in werklike lewe 'n tekening vas te vang. Dit het oorspronklik ontstaan uit "reportage" - waar joernaliste blitsvinnig moes skets om die prent wat saam met 'n storie gaan vas te vang.

Hoe het dit gelyk vir die konsert? Ek het met my sketsboek my tuis gemaak by Maandag se kleedrepetisie. Kinders wat wag om op die verhoog te gaan, dekor wat klaar reggesit was, alles was iets om solank te skets en vas te vang. Met 'n kombinasie van pen en potlood lyne in die oomblik, flertse kleur waar ek kon en heelwat videos en fotos het ek die basis vasgevang. Terug by die huis het ek kleur en verdere pen detail bygesit en van daar af die program ontwerp saamgesit. Vir die finale voorblad gebruik ek my Epson scanner, 'n Wacom tablet en Photoshop om als dan bymekaar te bring. 

Dit was 'n voorreg om op hierdie manier ook te kon deel vorm van die konsert! Ek is uiters dankbaar vir elke sketsboek bladsy wat nie net daardie skets maar die musiek en opwinding en kleur van die oomblik in my hart vasvang. 

Dankie liewe Juffie Jane dat ek by julle kleedrepetisie kon kom kuier met my sketsboek! 

Soek jy graag al vyf voorblaaie?

Kliek gerus hieronder om die vyf program voorblaaie af te laai - druk dit gerus vir julle persoonlike gebruik! 

Al vyf voorblaaie

Wat nog?

As jy meer wil weet waarmee ek nog met 'n pen en kwas woeker:

  • Kinderboeke soos die "Muis en die Sonneblomsaadjie" (tans in voorraad),  geinspireer deur ons Krans jaar van 2023
  • Illustrasie styl familie portrette op aanvraag 
  • Oorspronklike waterverf kuns 
  • Produkte en "prints" soos t-hemde, journals en meer

Om meer uit te vind, kontak my gerus!
Epos hello@jomariebarlow.com of Whatsapp 083 298 5936

 

Die finale voorblaaie:

Back to blog