Die Avonture van Wondereiland Storie #1: Die Suikerriet Dief

Welkom by Toemeriek Meerkat en Paprika Streepmuis se avonture op Wondereiland! Twee avonturiers word maats wanneer hulle probeer wegkom van die nare jakkals, en span dan saam om 'n gróter probleem op die eiland op te los. Kan hulle die Suikerriet Dief oorwin voordat al die suiker riet voor die Lentefees verdwyn? 

Hierdie stories val onder die kategorie "Junior Fiksie" en die eerste verhaal bestaan uit vier hoofstukke. Dit kan direk hier gelees word of in PDF asook "Audio boek" formaat afgelaai word. Sien die nodige skakels hieronder. Die stories is tans gratis beskikbaar - deel gerus met vriende en familie! 

Ek hoop om in die nabye toekoms illustrasies vir die storie ook beskikbaar te stel, maar dit is nog 'n droom in wording. Vir nou deel ek sommer 'n stukkie uit die illustrasie proses - 'n meerkatjie en streepmuis wat nog hulle finale karakter eienskappe in illustrasie formaat moet kry om werklik Avonturiers te word ;) 

OPDATERING: Nuwe prentjies van die karakters kan op 'n apart Blog post gesien word: Toemeriek en Paprika karakter illustrasies

 

 

Hierdie skrywer sal dit so baie geniet as julle kan laat weet hoe die stories ontvang word - ek weet my eie kinders (dogtertjies 4 en 6 jaar oud) kan nie ophou luister nie. Kontak my gerus by hello@jomariebarlow.com met enige terugvoer of navrae! 

Groete,

Jo-Mari Barlow
(Skrywer en Illustreerder)

 

* * * * * *

Lees / Luister Opsies:

(Om enige van die opsies te "download", "right click" die link en kies "Save link as")

Die Avonture van Wondereiland Storie #1: Die Suikerriet Dief
Back to blog